Local NewsNews

Oud bekende oorlede

Hiermee word met medelye berig dat ‘n ou bekende in die sake en sosiale kringe van Polokwane – Ria van Rhyn op 19 Junie oorlede is in die ouderdom van 79.

POLOKWANE – Ria en Leon van Rhyn  was sedert die vroeë 1960’s inwoners van Polokwane. Hulle was vir baie jare die eienaars van Van Rhyn Steenmakery en het ‘n aktiewe rol in veral Round Table,  41’ers en Rotary gespeel.

Sy was ‘n wonderlike inspirasie vir almal wat die voorreg gehad het om haar te ken.  ‘n Mens kon haar altyd deur ‘n ring trek. Die beste beskrywing van haar sou wees – ‘n Statige dame.

Ten spyte hiervan was sy in haar vroeër jare ‘n bok vir sports. Die Rotary vriende sal haar onthou as iemand wat altyd haarself was – maak nie saak in wie se teenwoordigheid sy was nie.

Vrydae was die hoogtepunt van haar week. Sy het “opgedress” en is dorp toe vir haar weeklikse haarkapper afspraak en inkopie sessie.

As dit kom by onthaal, was sy perfeksionisties. Die fynste detail is al weke vooruit besin en beplan. Selfs die tafel reeds gedek.

Haar passie was haar kinders, haar huis en sprokiesagtige tuin.

Ria word met hartseer oorleef deur haar 3 kinders Pierre, Louise en Leon, hul gades, haar 7 kleinkinders en ‘n agterkleinseun.

Die gedenkdiens sal op 9 Julie om 11:00 by die NG Oos Polokwane kerk op die hoek van Betz and NatorpStraat.

 

Inligting verskaf deur familie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button