Suid en Oos in bloedskenkstryd: ouers, familie bloei

Daar was geen tekort aan ondersteuning vir die leerders van Laerskool Pietersburg (PLS) en Laerskool Pietersburg Oos tydens hul bloedskenkpogings as deel van die bloedskenkkompetisie tussen die twee skole.

POLOKWANE – Die bloedskenkkompetisie is ‘n jaarlikse instelling waar PLS teen Oosskool meeding om die meeste eenhede bloed te skenk.

Die leerders en ouers van PLS het die kans gehad om te bloei verlede Dinsdag (Nasionale Bloedskenkdag).

Die leerders en ouers van Oosskool het dieselfde kans gehad gister (Donderdag).

Daar is ook op dié dae insamelings deur JCB Konstruksie gehou om minderbevoorregtes te help.

Kospakkies, warm klere en komberse kon by die skole in twee konstruksiemasjiene se bakke geplaas word tydens die geleentheid.

 

Wie het die meeste gebloei? Review sal die geheim verklap.

 

riana@nmgroup.co.za, maretha@nmgroup.co.za

Exit mobile version