Nóg ‘n besigheid teiken van rowers

Misdaad in die industriële gebied is die laaste tyd aan die toeneem en 'n menigde besighede loop deur onder die plundertogte van booswigte, Maandagoggend was Salvage and Recycling in Bonsmarastraat geteiken.

MOKOPANE – Twee gewapende verdagtes het Maandagoggend die nagwag by Salvage and Recycling oorval en die kassier vroegoggend ingewag.

Volgens ‘n anonieme getuie het die verdagtes om 04:00 die nagwag oorrompel en hom vasgebind, waarna hulle die kassier om 07:10 oorval het. Terwyl die kassier in die loop van hulle vuurwapens vasgekyk het, het die verdagtes geld beveel. Hulle het binne etlike minute geld en goedere ter waarde van ongeveer R25 000 gebuit.

Mokopane Polisiewoordvoerder, Sersant Irene Masingi, sê: “Geen skote is geskiet nie. Die ondersoek duur voort en geen verdagtes is tot op hede in hegtenis geneem nie.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Exit mobile version