Voertuig in ligte laaie, kind ontkom betyds

Die oorsaak van die brand wat ‘n voertuig Dinsdagmiddag in Genl Joubertstraat vernietig het, is steeds onduidelik. Ooggetuies beweer wel dat ‘n kind ter nouer nood aan die dood ontkom en uit die brandende voertuig gevlug het. ‘n Range Rover was voor ‘n huis parkeer toe dit skielik in vlamme uitgebars het. ‘n Meisie van …

Die oorsaak van die brand wat ‘n voertuig Dinsdagmiddag in Genl Joubertstraat vernietig het, is steeds onduidelik. Ooggetuies beweer wel dat ‘n kind ter nouer nood aan die dood ontkom en uit die brandende voertuig gevlug het.
‘n Range Rover was voor ‘n huis parkeer toe dit skielik in vlamme uitgebars het. ‘n Meisie van ongeveer ses jaar oud het blykbaar in die voertuig met haar
skoolklere gesit terwyl haar ma om die blok gestap het, vermoedelik op soek na ‘n bepaalde besigheid.
Met haar terugkoms was die voertuig ‘n vlammehel en omstanders het haar vinnig ingelig dat haar kind veilig oorkant die pad in ‘n oop stuk veld wag. Sy en die kind het onder ‘n boom gaan sit en toekyk hoe die voertuig uitbrand.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Video: Marinda Bekker

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version