Leerders vat tema kop toe

Ongewone, oorspronklike haarkapsels was Dinsdag ‘n algemene gesig by Laerskool Pietersburg-Oos se Funky Haardag. Vir ‘n bydrae van slegs R10 kon leerders gewone klere dra en met ‘n kreatiewe kapsel van hul keuse spog. Die opbrengs van dié dag is vir die o.12-netbalspan se opmars na die Suid-Afrikaanse Netbaltoernooi in die Kaap wat gedurende die …

Ongewone, oorspronklike haarkapsels was Dinsdag ‘n algemene gesig by Laerskool Pietersburg-Oos se Funky Haardag.
Vir ‘n bydrae van slegs R10 kon leerders gewone klere dra en met ‘n kreatiewe kapsel van hul keuse spog. Die opbrengs van dié dag is vir die o.12-netbalspan se opmars na die Suid-Afrikaanse Netbaltoernooi in die Kaap wat gedurende die vakansie plaasvind.
Wenners is in elke graadgroep aangewys.

Hoof foto: Tjay Burger en Zunay van Schalkwyk is die graad 6-wenners van die Funky Haardag.

ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Minnie Muis word verteenwoordig deur Annie de Wet in graad 4.
Mia van Rooyen in graad 2 met haar veelkleurige blompot op die kop.
Lerize van Rhyn is een van die graad 3-wenners.
Spiderman op Dihan van Niekerk se kop.
Kyk wie loer uit Sasha-Lee Swanepoel se kop.
Graad 1-wenners van die Funky Haardag is Sumieke Daly en Juan Dreyer.
Berenice Klopper se kreatiewe Coke-kapsel.
Christoff Botha met sy goggatuin is een van die wenners in graad 5.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version