Sop, broodjies en komberse hou behoeftiges warm

Sent2Serve Ministries in samewerking met die Dienskommissies van N.G. Kerk Noord het besluit om verlede Donderdag sop en broodjies aan minderbevoorregte kinders uit te deel by die Bet-Shalom Kerk.

POLOKWANE – Sent2Serve Ministries in samewerking met die Dienskommissies van N.G. Kerk Noord het besluit om verlede Donderdag sop en broodjies aan minderbevoorregte kinders uit te deel by die Bet-Shalom Kerk.

Garden Court Polokwane het ingespring en gehelp en broodjies en sop asook komberse en kussings aan die kinders skenk. Elke kind het ook ‘n lekkergoedpakkie ontvang.

Na die uitdeel het Melville Botha vir die kinders ‘n kort DVD gewys waarna hy hulle meer oor die Woord van God vertel het. Die kinders was van Bloedrivier, Seshego, Polokwane Kinder- en Gesinsorg, Koningskinders en ander kinders wat gereeld kospakkies van die N.G. Kerk Noord ontvang.

maretha@nmgroup.co.za

Exit mobile version