Nog R3 miljoen nodig om Imke se lewe te help red

Danksy sosiale media en ‘n radiostasie se betrokkenheid het die lot van die driejarige Imke Geldenhuys van Tzaneen die hartsnare van mense regoor Suid-Afrika geraak. Darius en Ilona Geldenhuys se oudste is in Februarie met fase 4 neuroblastoom, ‘n agressiewe kanker wat veral in die senuweeselle van jong kinders ontstaan, gediagnoseer. Ilona het vroeër vanjaar …

Danksy sosiale media en ‘n radiostasie se betrokkenheid het die lot van die driejarige Imke Geldenhuys van Tzaneen die hartsnare van mense regoor Suid-Afrika geraak.
Darius en Ilona Geldenhuys se oudste is in Februarie met fase 4 neuroblastoom, ‘n agressiewe kanker wat veral in die senuweeselle van jong kinders ontstaan, gediagnoseer. Ilona het vroeër vanjaar aan tweelingmeisies geboorte geskenk.
Imke se enigste hoop op behandeling is óf in Amerika óf in Australië en die gesin het op die opsie in Australië besluit omdat dit waarskynlik die beste resultate sal lewer. Sy moet teen die einde van die maand met behandeling begin en dit kos naastenby R6 miljoen.
Volgens ‘n familielid het geldinsamelingsinisiatiewe tot dusver R3 miljoen ingebring, maar ‘n verdere R3 miljoen is nog nodig sodat Imke die oorsese behandeling kan ondergaan.
Mall of the North het Saterdag ‘n muntlegging vir haar gehou en volgens bemarkingsbestuurder, Mari Delport is R18 000 ingesamel.
Belangstelledes kan nuus oor Imke se welstand op die Facebookblad, Prayers 4 Imke/Gebede vir Imke volg.
Donasies kan by die volgende trust­rekening van ‘n prokureursfirma in Tzaneen inbetaal word:
Thomas en Swanepoel
Absa – Rekeningnommer: 0103 591 0456
Takkode: 632 005
Verwysing: G994 Imke

Storie: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Foto: Die muntlegging vir Imke Geldenhuys wat by Mall of the North plaasgevind het. Inlas: Imke Geldenhuys veg tans teen ‘n agressiewe vorm van kanker.

Exit mobile version