Limpopo Eisteddfod bevorder kuns op eie bodem

Plaaslike kunstenaars sal vanjaar die geleent-heid kry om hul talent ten toon te stel wanneer die eerste jaarlikse Limpopo Eisteddfod van 26 tot 30 Julie in die stad plaasvind. Die kunsfees, met Polokwane Observer as mediaborg, is oop vir alle kunstenaars wat hul slag in die redenaars-, kuns en fotografie-, sang-, instrumentele- en drama-afdelings wil …

Plaaslike kunstenaars sal vanjaar die geleent-heid kry om hul talent ten toon te stel wanneer die eerste jaarlikse Limpopo Eisteddfod van 26 tot 30 Julie in die stad plaasvind.
Die kunsfees, met Polokwane Observer as mediaborg, is oop vir alle kunstenaars wat hul slag in die redenaars-, kuns en fotografie-, sang-, instrumentele- en drama-afdelings wil wys. Inskrywingsforms en die volledige riglyne asook reëls kan by www. limpopo-eisteddfod.co.za of deelnemende skole gekry word. Skole wat by die inisiatief betrokke wil raak, kan die komitee by admin@limpopo-eisteddfod.co.za kontak.
Slegs elektroniese inskrywings in die voorgeskrewe formaat sal aanvaar word. Alle inligting moet volledig en korrek wees om die korrekte spelling op sertifikate te verseker.
Die sluitingsdatum vir alle uitvoerende kunste was gister (Woensdag), maar kuns-tenaars wat aan die kuns en fotografie-afdelings wil deelneem het nog tyd tot 30 Junie.
Inskrywingsfooie vir elke kategorie word individueel op die webblad aangedui.
Vir meer inligting kan die volgende mense gekontak word:
Afrikaanse redenaars, Magda Thiart, 082 974 9800, thiartmagda@gmail.com
Kuns en fotografie, Gerhard Franken, 076 184 8726, indigoskies1@gmail.com
Dramakuns, Janie Wierenga, 082 376 2755, janiemw@mweb.co.za
Instrumentele items, Renchia Venter, 072 634 6442, renchia.venter@gmail.com
Sangitems, Ans Becker, 082 457 8171, ansbecker@gmail.com

MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

Exit mobile version