NewsSchools

Jong rugbyspelers wys tande tydens Vodacom Bulletjiedag

Die jaarlikse Vodacom Bulletjiedag is Saterdag in goeie gees by Curro Heuwelkruin aangebied en bulletjies van 32 skole van regoor die provinsie het mekaar getakel. Bulletjierugby lok baie belangstelling en veral ouers se ondersteuning by só byeenkoms is kenmerkend van die dag. Pappas en mammas beweeg op en af langs die kantlyn om hul kleuters …

Die jaarlikse Vodacom Bulletjiedag is Saterdag in goeie gees by Curro Heuwelkruin aangebied en bulletjies van 32 skole van regoor die provinsie het mekaar getakel. Bulletjierugby lok baie belangstelling en veral ouers se ondersteuning by só byeenkoms is kenmerkend van die dag.
Pappas en mammas beweeg op en af langs die kantlyn om hul kleuters te ondersteun en vinnig op die veld te kan draf wanneer die bulletjies seerkry en slegs moederliefde en aandag die trane kan opdroog.
Organiseerder, Craig Adams sê ongeveer
1 400 bulletjies het deelgeneem.
“Dit is net vriendskaplike wedstryde en alhoewel die bulletjies hul harte uitspeel om ‘n drie te druk, word daar nie telling gehou of ‘n wenspan aangewys nie. Die hoofdoel is om rugby op ‘n jong ouderdom aan kinders bekend te stel met die hoop dat hulle ‘n liefde daarvoor sal ontwikkel,” sê Adams.

Hoof Foto: Alet-Elize van Jaarsveld – André Wilkinson van Pietersburg Laerskool.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Curro Heuwelkruin se Ehan Webber (regs).
Curro Heuwelkruin se Ehan Webber (regs).
Kruinies se Fenyang Mashile hardloop onder sy opponente uit.
Kruinies se Fenyang Mashile hardloop onder sy opponente uit.
Pietersburg Laerskool se Hanno Kotze wen veld.
Pietersburg Laerskool se Hanno Kotze wen veld.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button