Gladdebekke vir ATKV redenaarsfinaal gekies

Dertig leerders van 18 laerskole en 17 hoërskole van regoor die provinsie is Vrydag ge­kies om aan die nasionale rondte van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se redenaarskompetisie deel te neem. Daleen van Wyk, kultuurhoof van Curro Heuwelkruin sê dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die skool die semifinale ronde aanbied. “Uit die …

Dertig leerders van 18 laerskole en 17 hoërskole van regoor die provinsie is Vrydag ge­kies om aan die nasionale rondte van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se redenaarskompetisie deel te neem.
Daleen van Wyk, kultuurhoof van Curro Heuwelkruin sê dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die skool die semifinale ronde aanbied.
“Uit die laerskole is per kategorie slegs twee uit die onvoorbereide en twee uit die voorbereide toespraakkategorieë wat na die finaal deurdring en een leerder per kategorie van die hoërskole se onderskeie kategorieë wat deurdring. Die finaal vind op 11 en 12 Augustus by Buffelspoort naby Rustenburg plaas.”
Van die plaaslike leerders het Leana Smuts van Laerskool Pietersburg-Oos in die graad 6 tot 7 Afrikaans huistaal, onvoorbereide toespraak-kategorie na die finaal deurgedring. Van Curro Heuwelkruin het Thalia Pereira in die Afrikaans addisionele taal, voorbereide toesprake, graad 8 tot 9-kate­gorie deurgedring en Kaela Steyn in die graad 10 tot 12 Afrikaans addisionele taal, voorbereide en onvoorbereide toesprake-kategorie deurgedring na die nasionale rondte.
Vanaf graad 6 lewer alle deelnemers ‘n voorbereide en onvoorbereide toespraak. Hoërskoolleerders kon kies of hulle aan voorbereide of onvoorbereide toesprake wil deelneem. Die voorgeskrewe toesprake se temas het bestaan uit interessante idiome en die leerders het kreatiewe onderwerpe uitgedink met argumente waarmee hulle die beoordeelaars moes oortuig. Uit die idiome moes ? onderwerp geformuleer word wat ? standpunt bevat wat aan die hand van argumente en bronne beredeneer moet word.
Dit is vanjaar die eerste keer wat niemoedertaal-deelnemers in Afrikaans, addisionele taal kon meeding.

Hoof Foto: Nelie Erasmus – Dalene van Wyk, Curro Heuwelkruin se kultuurhoof en organiseerder van vanjaar se ATKV semifinale redenaarskompetisie wat Vrydag by die skool plaasgevind het.

NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

Exit mobile version