Ysbeer-weer skrik Osies nie van bibberdans af nie

Die gr.6 en gr.7 leerders van die Laerskool Pietersburg-Oos het Dinsdagaand in die skool se saal al te gesellig gesokkie by die jaarlikse Bibberdans geleentheid.

POLOKWANE – Die weer het ook natuurlik bygedra dat die bibber dans se naam in pas is met die koue wat Polokwane se inwoners tans ervaar en talle leerders het hulself gepanser met serpe, musse en warm jasse om die snerpende koue af te weer.

Hierdie geleentheid is deur Pietersburg-Oos se gr.6 leerders wat dien om hulle te help geld insamel vir die gr.7 leerders se afskeid later vanjaar.

So tussen die gedansery deur op die maat van opgeruimde musiek het die leerders ook heerlik gesmul aan pizza en warm sjokolade.

 

Hier is foto’s van die leerders wat wys hoe hulle in die ysbeer-weer makietie gehou het.

roelof@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version