Bosveld NewsCrimeNews

10 jaar tronkstraf vir booswigte

Die twee booswigte wat verlede jaar verantwoordelik was vir ‘n menigde plundertogte by van die kleinhoewes in die omgewing is Dinsdag in die Mokopane Streekhof onderskeidelik tot 10 jaar tronkstraf vir huisbraak gevonnis.

MOKOPANE – Joseph Moyo en Johannes Sithole is na goeie spanwerk deur lede van die Spoorsnyers en lede van die Valke Buurtwag in November by ‘n RDP huis in Mokopane vir huisbraak en diefstal vasgetrek.

Volgens die ondersoekbeampte, Adjudant-Offisier Jacques Van Heerden staar die verdagtes nog klagtes van huisbraak met die opset om te verkrag en te verkrag in die gesig. Hulle gaan later die jaar weer in die Mokopane Streekhof op die bogenoemde klagtes verskyn.

Van Heerden sê verder: “Die verdagtes gaan ook in die Brits Landroshof op drie klagtes – en in die Landroshof in Hartebeespoortdam op drie klagtes van huisbraak met die opset om te verkrag en te verkrag verskyn.”

Sakkie Lourens van die Heritage Protection Group (HPG) en Van Heerden sê hulle verwelkom die vonnis.

redaskie.bosvelder@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button