BRIEF: Roedtan se kerkraad kap terug oor naamdebakel

Die kerkraad van die Hervormde Gemeente Roedtan het die volgende skrywe aan Bosveld gerig na aanleiding van die brief van die Kerkraad van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika(NHKA) gemeente Potgietersrus wat in Bosveld gepubliseer is en wye reaksie uitgelok het.

Die kerkraad van die Hervormde Gemeente Roedtan het die volgende skrywe aan Bosveld gerig na aanleiding van die brief van die Kerkraad van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika(NHKA) gemeente Potgietersrus wat in Bosveld gepubliseer is en wye reaksie uitgelok het.

“Met die lees van genoemde berig het dit duidelik geword dat verskeie stellings voorkom wat feitlik nie korrek is nie en vandaar hierdie reaksie. Die woord “Hervormd” soos na verwys in die naam “Hervormde Kerk” word reeds sedert die 16de eeu met die aanvang van die reformasie in die name van verskeie kerklike denominasies gebruik, soos onder andere die Nederlandse Hervormde Kerk.

Die naam “Hervormde Kerk” is nie as ‘n handelsmerk geregistreer nie en word dus deur niemand besit nie.

Daar bestaan wel Hervormde Gemeentes in die verspreidings gebied van hierdie koerant wat nie meer deel wil wees van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, let gerus op die naam van die betrokke denominasie wat die aantygings maak, en die koers wat deur hierdie kerkgroepering ingeslaan is nie.

Hierdie gemeentes funksioneer onafhanklik en noem hulself Hervormde gemeentes, maar het saam groepeer in die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes (GHG). Ons hou basaar, samel fondse in en verkondig die blye boodskap van ons opgestane Heer, Jesus Christus.

Dus probeer ons die Evangeliese opdrag uitvoer deur ware kerk te wees, binne die grense soos gestel in dieselfde drie belydenis skrifte soos in die berig vermeld. Wat verswyg word deur die eerwaarde kerkraad van die Nerderduitsch Hervormde Kerk Gemeente Potgietersrus, is dat daar verskeie leerhaars, proffesore en lidmate van die NHKA is, wat vir etlike jare reeds die fisiese opstanding van Jesus Christus uit die dood ontken en afmaak as onwaar.

Die akkomodering van hierdie en ander soortgelyke dwalings komprometeer noodwendig elke gemeente wat lid is van die NHKA. Gewetens besluite in hierdie verband lê egter by elke gelowige self.

Ons sal dus voortgaan om Hervormde Kerk te wees, en van tyd tot tyd sal almal ons naam by fondsinsamelings projekte sien. Is die waarheid nog dieselfde waarheid as eeue gelede?”

Groete

Die kerkraad van die Hervormde Gemeente Roedtan, (lid van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes)

• Hiermee volstaan ons met die korrespondensie rakende die kwessie – Red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version