Local NewsNews

Le Petit Salon bied vlooimark aan

Vroeg Saterdagoggend het die vuurtjie geknetter en die koffiereuk in die lug gehang in die tuin by Le Petit Salon waar hulle hul eerste vlooimark gehou het.

POLOKWANE – Daar was ‘n verskeidenheid stalletjies met onder andere heerlike vars tuisgebakte beskuit en melktert – asook klere, velprodukte, juweliersware en lampe wat uit palmboomtakke gemaak is.

Doreen Hill het hekelwerk uitgestal en Ceia en Edward Lottering het die gebruiklike witolifant tafel beman.

“Meeste van die geld word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk en ons hoop om meer kliënte te werf,” vertel Christine Engelbrecht, eienaar van Le Petit Salon.

Gaste het heerlik saam met die uitstallers gekuier en Christine vertel hulle wil dit graag ‘n maandelikse instelling by die salon maak.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button