Gerrie bekoor gehoor met sy treffers

Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, Gerrie Pretorius het Vrydagaand ‘n groot aantal aanhangers met sy grootste treffers vermaak. Verskeie ou gunstelinge soos Ruiter van die Windjie het weer lewe op die verhoog by Sun Meropa se konferensiesentrum gekry waar Pretorius aanhangers aan sy voete gehad het. Sharmaine Coetzer het spesiaal van Tzaneen gekom om Pretorius in …

Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, Gerrie Pretorius het Vrydagaand ‘n groot aantal aanhangers met sy grootste treffers vermaak.
Verskeie ou gunstelinge soos Ruiter van die Windjie het weer lewe op die verhoog by Sun Meropa se konferensiesentrum gekry waar Pretorius aanhangers aan sy voete gehad het.
Sharmaine Coetzer het spesiaal van Tzaneen gekom om Pretorius in lewende te sien en sê die vertoning het haar verwagtinge oortref. Van die aanhangers sê dat hulle van sy musiek hou omdat dit nostalgies en uniek is.
Pretorius het na die vertoning handtekeninge uitgedeel en saam met aanhangers foto’s geneem.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Irené Duvenhage is een van Gerrie Pretorius se grootste aanhangers.
awid en Retha Coetzer geniet ‘n glasie wyn tydens die vertoning.
Aanhangers, Alicia Caldeira en Ansie Smit saam met Gerrie Pretorius.

 

 

Exit mobile version