BusinessNews
Gerrie bekoor gehoor met sy treffers
Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, Gerrie Pretorius het Vrydagaand ‘n groot aantal aanhangers met sy grootste treffers vermaak. Verskeie ou gunstelinge soos Ruiter van die Windjie het weer lewe op die verhoog by Sun Meropa se konferensiesentrum gekry waar Pretorius aanhangers aan sy voete gehad het. Sharmaine Coetzer het spesiaal van Tzaneen gekom om Pretorius in …
Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, Gerrie Pretorius het Vrydagaand ‘n groot aantal aanhangers met sy grootste treffers vermaak.
Verskeie ou gunstelinge soos Ruiter van die Windjie het weer lewe op die verhoog by Sun Meropa se konferensiesentrum gekry waar Pretorius aanhangers aan sy voete gehad het.
Sharmaine Coetzer het spesiaal van Tzaneen gekom om Pretorius in lewende te sien en sê die vertoning het haar verwagtinge oortref. Van die aanhangers sê dat hulle van sy musiek hou omdat dit nostalgies en uniek is.
Pretorius het na die vertoning handtekeninge uitgedeel en saam met aanhangers foto’s geneem.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com