BusinessNews

Behoeftige leerders baat by skenking

‘n Deel van die wins van die Renosterkopfees wat net buite die stad gehou word, word jaarliks aan vier plaaslike skole geskenk wat op hul beurt vir die skool se voedingskemas aangewend word. Die fees is vanjaar herdoop na die Limpopo Toyota Familiefees omdat Limpopo Toyota as hoofborg optree en word op 23 en 24 …

‘n Deel van die wins van die Renosterkopfees wat net buite die stad gehou word, word jaarliks aan vier plaaslike skole geskenk wat op hul beurt vir die skool se voedingskemas aangewend word.
Die fees is vanjaar herdoop na die Limpopo Toyota Familiefees omdat Limpopo Toyota as hoofborg optree en word op 23 en 24 September aangebied.
‘n Deel van verlede jaar se wins, R5 000
is Vrydag aan Pietersburg Laerskool oorhandig wat vir die Ystertjies aangewend sal word.
Een van die organiseerders, Charles van der Walt van CJ Makelaars sê Hoërskool Pie­tersburg (PHS), Laerskool Pietersburg-Oos en La Wiida Leersentrum sal ook ‘n deel van die geld ontvang.
“Ons oorhandig jaarliks die geld aan skole op voorwaarde dat dit vir die voedingskemas aangewend word. Skole spandeer baie geld om te sorg dat behoeftige leerders daagliks ‘n broodjie of eetding ontvang en sommige skole gee selfs tydens skoolvakansies kospakkies aan behoeftige gesinne,” sê Van der Walt.
Skoolhoof, Peet Bredenkamp het die skenking verwelkom en sy dank teenoor die feeskomitee uitgespreek.

Hoof Foto:RC Myburgh – Suidskool ontvang ‘n skenking van R5 000 vir die skool se voedingskema. Links is Lize Venter (Ystertjies), Nelmar Smit (Toyota), Robert Augustyn (Toyota), Charles van der Walt (CJ Makelaars), Monique Spruyt (feeskoördineerder) en Peet Bredenkamp (skoolhoof).

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button