Cor praat ‘n hond uit ‘n bos by redenaarskompetisie

Cor Muller is in sy noppies nadat hy die enigste leerder van Laerskool Pietersburg (PLS) is wie deurgedring het na die ATKV Skool Redenaarskompetisie semifinaalronde.

POLOKWANE -Hy gaan op 10 Junie sy skool by Curro Heuwelkruin verteenwoordig in dié kompetisie.

Cor vertel trots dat hy al sedert gr. 2 aan redenaars deelneem as buitemuurse aktiwiteit.

Alhoewel hy nie baie daarvan gehou het aan die begin nie, is dit nou iets wat hy baie geniet en besonder goed in vaar.

“Ek voel redenaars is iets waaraan elke kind moet deelneem. Dit het my selfvertroue verbeter en vandag kan ek maklik voor mense praat, iets wat ek glo ‘n goeie aanwins is vir my toekoms,” vertel hy.

Hy sê sy redenaarskuns het hom baie gehelp om sy rol as ‘n hoofleier van PLS beter te kan volstaan.

Vir hom is daar niks lekkerder as om aan die onvoorbereide afdeling deel te neem nie.

“Redenaars het my geleer om op my voete dink en jy verbaas soms jouself oor die kennis wat jy van ‘n saak het asook die mening wat jy daaroor het.”

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version