Local NewsNews

Sy maak jou mooier, gesonder

Review het met Antöni van der Merwe van Renové Aesthetics and Wellness Clinic gesels oor haar werk as skoonheids, estetieseterapeut.

POLOKWANE – Menige dames het al erken dat ‘n mooi versorgde vel wat gegrimmeer is, hulle beter oor hulself laat voel.

Baie dames ignoreer plooie en vlekke wat deur grimering aangemoedig word en gooi dit net onder meer grimering toe. Plooie en ander aardighede kan voorkom of vertraag word as mens ‘n goeie velsorgroetine volg en gereelde gespesialiseerde gesigsbehandelings kry. Mens moet tog altyd sonblok onthou.

Review het met Antöni van der Merwe van Renové Aesthetics and Wellness Clinic gesels oor haar werk as terapeut.

“Daar is ‘n verskil tussen skoonheidsterapeut en estetieseterapeut. Skoonheidsterapeute doen die gewone masering, manikure, pedikure en velsorg. Estetieseterapeute doen chemiese afskilfering, kollageen induksie terapie, botox, vullers, lig terapie en nog vele meer.”

Antöni vertel dat sy persoonlik meer van die estetiese deel van skoonheid hou en dat haar salon dit hulle fokuspunt maak.

“Ek het my studies voltooi by Susca Watts Academy, maar daar is heelwat ander instansies soos Pretoria Tegnikon, Centurion Akademie en Ida Carstens Akademie wat ook die kursusse aanbied.

“Daar is twee jaar, drie jaar en vier jaar kursusse. Na die twee jaar kursus kwalifiseer jy reeds as skoonheidsterapeut. Deur ergter die drie en vier jaar kursusse ook te voltooi kry jy jou somatologie diploma. Jy kan jou internationale eksamens ook skryf wat jou instaatstel om selfs op groot passasierskepe te werk,” vertel sy.

Sy vertel dat die kursus redelik duur is as gevolg van al die toerusting wat nodig is vir die praktiese deel van die kursus.

Terapeute se salarisse is afhangend van waar hulle werk kry. Sommige salonne bied ‘n basiese salaris van tussen R3 500 en R4 000, plus kommissie.

Terapeute wat in diens is by bekende en gewilde oorde en hotelle werk gewoonlik slegs vir kommissie aangesien die gaste aangemoedig word om van hul dienste gebruik te maak.

Die werksure van terapeute hang af van die salon se beleid. Sommige salonne het op sekere dae verlengde ure en is op Saterdae oop om dit gerieflik te maak vir dames wat voldag werk.

Hierdie verlengde ure kan soms uitmergelend wees maar Antöni sê dat die sukses verhale van haar gelukkige kliënte, alles die moeite werd maak.

“In my beroep moet jy weet hoe om moeilike en ongeduldige kliënte te hanteer en professionaliteit en vertoulikheid is gelykstaande aan die van ‘n mediese praktyk,” sê sy.

Antöni vertel dat dit ongelooflik vervullend is wanneer sy die verskil en verbetering in haar kliënte se velprobleme sien en wanneer sy ‘n probleem wat oor ‘n geruime tyd kom, kan oplos.

“Dit is n groot voorreg om persoonlike verhoudinge met jou kliënte te bou en hul lief en leed te kan deel.”

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button