Bosveld NewsLocal NewsNews

Gemeeskap werk saam om dorp skoon te maak

Die aksiegroep, Mokopane in Krisis, het Dinsdagoggend begin om die dorp skoon te maak.

MOKOPANE – Andy Goetsche, president van die Sakekamer en twee raadslede, Korny Dekker en Yolandé Coetzee was vroegoggend by die ingang van die dorp om hand by te sit met die opruimoperasie.

Goetsche het sy dank uitgespreek teenoor Ismails en Build-It wat vragmotors beskikbaar gestel het, asook die geld wat die gemeenskap aan die Sakekamer geskenk het om werkers te kry om met die skoonmaak te help.

Woensdag het Dot Afri en Ben Venter Vervoer wat deur Midas betaal word, ingespring om die strate in Chroompark skoon te maak.

Hanwill het ook ‘n voorlaaier gegee en Donderdag het Oasis Hotel en Build-It hulp aangebied om ‘n gedeelte van die middedorp en Acasia op te ruim.

Die munisipale werkers is gister (Donderdag) terug by die werk, na vier weke lank se staking.

Besighede of inwoners wat betrokke wil raak by Mokopane in Krisis kan die Sakekamer soggens by (015) 491 8458 skakel.

Andy Goetsche, president van Mokopane Sakekamer, saam met raadslede, Yolandé Coetzee en Korny Dekker  wat Dinsdagoggend ingespring en kom help het om die dorp skoon te maak.
Andy Goetsche, president van Mokopane Sakekamer, saam met raadslede, Yolandé Coetzee en Korny Dekker wat Dinsdagoggend ingespring en kom help het om die dorp skoon te maak.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button