Local NewsNews

Raaisel van kameelperde in pad

Die raaisel van drie kameelperde wat onlangs op die Mogwadi-pad gevind is, is steeds nie opgelos nie en geen navrae is tot dusver oor die diere gemaak nie. Volgens ‘n boer van die om­gewing, Basie Breytenbach het hy ‘n kameelperd in die pad gesien. Op dieselfde pad het hy op ‘n kameelperdkalf wat vermoedelik doodgery …

Die raaisel van drie kameelperde wat onlangs op die Mogwadi-pad gevind is, is steeds nie opgelos nie en geen navrae is tot dusver oor die diere gemaak nie.
Volgens ‘n boer van die om­gewing, Basie Breytenbach het hy ‘n kameelperd in die pad gesien.
Op dieselfde pad het hy op ‘n kameelperdkalf wat vermoedelik doodgery is, afgekom en ‘n derde kameelperd het ‘n ent verder in die pad gestaan.
Wildboer, Alwyn Botha sê een van sy sekuriteitswagte het hom gekontak oor die dwalende kameelperde en gedink hulle behoort moontlik aan hom.
Botha en ander boere het die koei in ‘n naburige wildkamp gejaag, maar die bul het agressief geraak en moes van kant gemaak word.
Volgens Botha was die diere se ore toegeplak, ‘n aanduiding dat hulle in transito was en nie van ‘n plaas weggedwaal het nie. Hy vermoed dat die vragmotor waarin die diere vervoer is nie behoorlik toegemaak is nie en hulle het dalk op dié manier afgeval.
Teen druktyd kon die polisiewoordvoerder van Mogwadi nie bereik word nie, maar Mogwadi polisiebeamptes het die voorval op voorwaarde van anonimiteit bevestig.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Foto: Die kalf wat doodgery is, is een van drie kameelperde wat onlangs op die Mogwadi-pad gevind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button