Leandi du Randt help Running for Alex-fonds

Die ideale kans om die band tussen ‘n ma en dogter te versterk, vind op 9 Junie in die stad plaas wanneer die gewilde akteur en motiveringspreker, Leandi du Randt en opkomende sanger, Irene-Louise van Wyk by ‘n baie spesiale Ma- en Dogteraand optree. Die geleentheid word deur Alice van Dyk as geldinsamelingsinisiatief vir die …

Die ideale kans om die band tussen ‘n ma en dogter te versterk, vind op 9 Junie in die stad plaas wanneer die gewilde akteur en motiveringspreker, Leandi du Randt en opkomende sanger, Irene-Louise van Wyk by ‘n baie spesiale Ma- en Dogteraand optree.
Die geleentheid word deur Alice van Dyk as geldinsamelingsinisiatief vir die Running for Alex-projek om 18:00 by die NG Kerk Pietersburg-Oos aangebied.

Die gewilde Leandi du Randt kuier eersdaags in Polokwane.

Alex van Dyk, oudleerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) het in 2013 beide sy bene in ‘n motorfietsongeluk verloor.
Sy suster, Alice werk onverpoos om ‘n spesifieke been- en knieprostese, wat hom in staat sal stel om weer fiets te ry en te hardloop, vir hom aan te skaf. Voor Alex se ongeluk was hy ‘n kranige sportman, maar kan tans nie aan sportaktiwiteite deelneem nie, omdat sy een prostetiese been nie by die knie kan buig nie.
Alice sê sy het begin planne maak vir dié prostese omdat dit haar hart gebreek het om te sien dat Alex nie meer saam met sy tweelingbroer, Gawie, aan sportaktiwi­teite kan deelneem nie en het al verskeie geldinsamelingsinisiatiewe aangebied. Die Ma- en Dogteraand is die grootse nog en sy nooi vroue in die stad uit om die geleentheid waartydens Du Randt ‘n praatjie met die tema ‘Gemaklik in jou lyf’ sal aanbied en Van Wyk sal sing by te woon.
Kaartjies kos R150 vir ma- en dogterpare en enkelkaartjies is teen R80 per persoon beskikbaar. Koek, tee en ligte verversings sal te koop wees.
Kaartjies is by Vleislapa Welgelegen te koop. Belangstellendes kan vir Alice by 079 473 0660 of Carmen van der Walt by 076 058 7621 skakel.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Hooffoto: Alice van Dyk, stigter van die Running for Alex-projek en haar broer, Alex.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version