Tooi met Turkoois en wys jy gee om

Die projek Tooi Turkoois vir Bejaardes word van 15 Mei tot 15 Junie gehou om mense bewus te maak van die nood en behoeftes van bejaardes.

MOKOPANE – Die fokus is vanjaar op die seer en hartseer van ouer mense en hoe gemeenskappe verligting kan bring en help.
Tydens die veldtog word gemeentes en organisasies gevra om bejaardes wat trauma ervaar daadwerklik by te staan of aktiwiteite te reël om groter bewustheid van trauma by die oues van dae onder die aandag van die gemeenskap te bring.
Kry jou turkoois lap of strikkie om jou besigheid of huis te tooi en te wys jy gee om. Skakel Magda van Deventer by 082 579 6966 of Piet van Waveren by 083 263 3326 of besoek www.goturquoise.co.za

Exit mobile version