Oorlogslagoffers word vereer met kranslegging

Sondagmiddag het lede van die Voortrekkers, skole en publiek by die Konsentrasiekampkerkhof bymekaar gekom waar hulle hulde gebring het aan die 650 vroue en kinders wat tydens die Anglo-boereoorlog tussen Mei 1901 en Februarie 1902 gesterf het.

POLOKWANE – Peet Bredenkamp, skoolhoof van Pietersburg Laerskool, het die opening beharting en gesê: “Die grafte getuig van vaders, moeders en kinders wat betaal het met hul lewens. Wanneer ons terugkyk, sien ons letsels wat die verlede gelos het.”

Op elke graf is ‘n blom neergelê waarna elke skool se hoofleiers asook Johan Willemse van die Doornkraal Feesterrein en Ben Smit van die Agbare Orde van die Staaldakke (Moth) elk ‘n krans neergelê het. Die vlae is gehys en die vlaglied is gesing. Besoekers het meer geleer oor die oorlog en die konsentrasiekamp en gehoor dat keuses bepaal wat jou oorlewing en toekoms is. Skole wat betrokke was sluit in Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Oosskool, Curro Heuwelkruin, Akademie Reformia en Pietersburg Laerskool.

maretha@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version