NewsSchools

Mnr. en Mej. Oosskool – hier is die finaliste

"Die Mnr. en Mej. Oosskoolkompetisie klink dalk soos 'n skoonheidskompetisie, maar dit is glad nie waaroor dit vir die leerders gaan nie.

POLOKWANE – Die persepsie dat ‘n mens se waarde deur skoonheid in plaas van persoonlikheid of menslikheid bepaal word, word daagliks deur verskeie mediums gepromoveer.

Oosskool poog om hierdie konsep te verander deur ‘n “skoonheidskompetisie” met ‘n verskil aan te bied.

“Die Mnr. en Mej. Oosskoolkompetisie klink dalk soos ‘n skoonheidskompetisie, maar dit is glad nie waaroor dit vir die leerders gaan nie.

“Twee leerders uit elke klas in gr. 7 word gekies om ‘n sekere graad in die skool te verteenwoordig.

“Die gekose graad se leerders help dan die twee finaliste in die groep om ‘n gemeenskapsdiens te lewer.

“Die leerders leer dat dit oor die gemeenskap gaan en wat jy vir ander kan doen om ‘n verskil te maak, en nie oor hoe mooi of aantreklik jy is nie,” vertel Michelle van der Westhuizen, die organiseerder van Mnr. en Mej. Oosskool.

Vanjaar se finaliste saam met hulle toegewese graadgroepe en instansies lyk soos volg:

• Gabby von Well en Heinrich Laas (gr .R, Martha Hofmeyr Tehuis).

• Megan Veldman en Armand Britz (gr.1, Polokwane Kinder- en Gesinsorg).

• Annadee Oerlemans en Clemons Koch (gr. 2, Aretha Tehuis).

• Michlan Groenewald en Paul Erasmus (gr. 3, Ngwana Babahuis).

• Chanel Prinsloo en Liam Grobler (gr. 4, DBV).

• Bianke Venter en Johanco van Niekerk (gr. 5, Ivydale Shelter.

• Marné Bresler en Damian Richarte (gr. 6, Tough Living with Cancer saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal).

• Andrea Maritz en Ruan Odendaal (gr. 7, Hoop vir Kinders).

Oor die volgende paar weke gaan al hierdie leerders hulle kant dubbel en dwars bring om ‘n verskil te maak in die gemeenskap.

Die finale wenners sal tydens ‘n gala-aand aangekondig word, waartydens almal se werk ten toon gestel sal word.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button