Bosveld NewsLocal NewsNews

Eli sterk goed aan na gruwelike motorongeluk

"Wanneer jy na die wrak kyk is dit waarlik 'n wonderwerk dat my seun die ongeluk oorleef het en God se hand is duidelik te sien."

MOKOPANE -Só sê Waltie van der Walt, eienaar van Meat City, nadat sy jongste seun, Eli (25), die doodsgreep van ‘n fratsongeluk Sondagoggend ontsnap het.

Willem Lamprecht, medikus en basis bestuurder van Special Operations Solutions (SOS) Medical, vertel hulle was eerste op die ongelukstoneel op die R101 net buite Mookgophong. “Eerlik ons het almal verslae na die wrak gekyk en gewonder hoe het die bestuurder die ongeluk oorleef. Ek moet bieg en sê dit is verseker ‘n wonderwerk.”

Eli is in ‘n kritieke toestand na die Mediclinic Limpopo in Polokwane gehaas. Waltie het Dinsdag aan Bosveld gesê Eli sterk tans in die intensiewesorgeenheid aan.

“Ek vermoed die regter voorwiel van sy SUV het gebars en hy het dus beheer oor die voertuig verloor. Geen ander voertuie was betrokke in die ongeluk nie.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button