“Danksy ‘n paar dames se omgee het Wiele 500 vier jaar gelede ontstaan om vir mense in rolstoele hoop te gee. Vanjaar help 410 droomvroue mee om drome en sprokies van dié mense vlerke te gee sodat hulle doelgerig hul lewens kan voortsit.”
Mathys Roets Wiele 500-ambassadeur het Saterdag die dames wat die spogfunksie by Grin Court buite die stad bygewoon het met die woorde verwelkom en bedank vir hul omgee waarna hy ‘n paar van sy treffers gesing het.
Elvis Blue het van die eerste oomblik wat hy op die verhoog verskyn het die gehoor betower met sy sangtalent, opregtheid en humorsin.
“Ek dink nie daar is ‘n vrou agter elke suksesvolle man nie, maar eerder ‘n vrou ver voor elke suksesvolle man wat heeltyd sê: ‘Kom Liefie kom.’
Michelle Engelbrecht, Exclusive Properties-prinsipaal en mede-aanbieder van die funksie het die borge vir hul ruimhartigheid bedank.
Volgende jaar se Dameskuier vind op 6 Mei plaas.
Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com
Hooffoto: Marlene Calitz (naasregs), stigter van Wiele 500-trust. Links is Azel Potgieter en Joria Alberts, mede-aanbieder van die funksie. Regs is Angie Green, administratiewe beampte van Wiele 500.