Tommie ‘Tiertjie’ veilig tuis na ontvoering

Dit was 'n week van pret, geesvang en opgewondenheid voor die BB Motor Group Bosveld Intervarsity-beker Saterdag afskop.

POLOKWANE – Die hoofleiers van Hoërskool Pietersburg (PHS) het HTS Tom Naudé se gelukbringer, Tiertjie asook ‘n hoofleier, Woensdagoggend ontvoer.

Met ‘n kreet om te wys hulle is nie bang nie skreeu Tom Naudé dat PHS vir geen oomblik moet dink Saterdag se wedstryd gaan maklik gaan wees nie.  (kyk video onder)

Die leerders het ook soos beseerde Pieties aangetrek want hulle glo daar gaan Saterdag baie beserings wees.

Lees meer oor die geesvangweek in Review Weekend.

Exit mobile version