NewsSchool sportSchoolsSport

Destydse rugbykapteine gesels oor BB Motor Group Bosveld Intervarsity-beker

Review het met die destydse kapteine van beide skole gaan gesels oor wat hulle kan onthou van die Bosveld Intervarsity-beker 2004 en hul raad aan die huidige kapteine.

POLOKWANE – Die bekende BB Motor Group Bosveld Intervarsity-beker is op ons voorstoep en spelers van beide Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg is hard aan die oefen vir die groot dag.

Christo Horring was Tom Naudé se eerstespanrugbykaptein en vertel dat die gees van die dag hom altyd sal bybly.

“Daar was groot gees tussen die leerders, spelers en ouers. Ek onhou die tonnels was langer as gewoonlik, hy kon amper om die veld span. Dit was ‘n onbeskryflike dag.” Hy vertel dat die druk op hom as kaptein groot was aangesien almal hulle hoop op die eerstespan geplaas het om die beker vir die skool in te palm.

Sy raad aan Tom Naudé se huidige eersterugbyspankaptein, is om te lei deur ‘n goeie voorbeeld te wees en met trots te speel. “Jy moet vasbyt en die wedstryd geniet, dit is die belangrikste,” sê Horring.

Deon Fourie was in 2004 PHS se eersterugbyspankaptein en vertel dat die eerste ding wat hy onthou van die Intervarsitybeker die skoollied is wat hulle uit volle bors en met trots voor die hele skool gesing het voor die wedstryd.

“Dit was hoendervleisoomblikke wat mens lank daarna nog bybly. Ons heelagter, Devon du Plessis, het die eerste drie vir die span in die eerste vyf minute van die wedstryd gedruk, maar het ongelukkig sy skouer beseer en kon nie verder speel nie. Alhoewel dit ons ontsenu het, het almal koelkop gebly en kon ons steeds as oorwinnaars wegstap.”

Hy dink dit is altyd ‘n uitdaging om die span gefokus te hou op wat belangrik is en wat elkeen se rol is tydens die wedstryd omdat ‘n mens maklik fokus kan verloor met al die ophef en opwinding in die week voor die groot wedstryd.

“My raad aan PHS se huidige eersterugbyspankaptein is om hierdie geleentheid te koester, dit is baie spesiaal en ‘n wonderlike tradisie wat nou weer voortgesit word. Lei die span en skool deur jou voorbeeld.

“Ek glo ‘n goeie leier inspireer nie sy spanmaats deur te wys hoe belangrik en goed hy is nie, jy inspireer hulle deur te wys hoe belangrik húlle is. Neem elke oomblik in, want dit gaan so vinnig verby,” sê Fourie.

maretha@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button