Editor's choiceNewsSchools

[VIDEO] Tommies hoof gearresteer vir ‘diere-mishandeling’

Tom Naudé hoof, Piet Holzhauzen, is omstreeks 10:30 Maandagoggend gearresteer deur die polisie en Hannu Gelderblom, PHS se regsverteenwoordiger.

Dag 1: Geesweek voor BB Motor Group Bosveld Intervarsitybeker.

Tom Naudé hoof,  Piet Holzhauzen, is omstreeks 10:30 Maandagoggend gearresteer deur die polisie en Hannu Gelderblom, PHS  se regsverteenwoordiger.

Dit volg nadat daar glo ‘n vark met ‘n PHS rugbytrui  losgelaat is tydens PHS se opening Maandagoggend (sien video onder).

Volgens Tom Naudé se Facebookblad inskrywing is daar tans ‘n losprys van R1 000 op die hoof se kop. “Ons soek asseblief ons hoof terug!! Betaal asseblief ‘n donasie in die volgende bankrekening.”

TOM NAUDÉ THS
FNB: 62400106937
Takkode/Branch code: 260226
Verwysing/ Reference: Vark

PHS eis dat die skoolhoof slegs vrygelaat mag word as die geld aan die DBV oorbetaal is, vir die mishandeling van die vark.

Die donasies sal deur Tom Naudé aan die DBV gegee word.

 

Kyk hier hoekom HTS Tom Naudé se hoof gearresteer is:

Mattewis die hansvark, is nie beseer tydens die insident. Video via HTS Tom Naude THS Facebookblad.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button