Local NewsNews

Pensioenaris omskep teëls in pragtige bakke vir ekstra inkomste

Manie van der Westhuizen, 'n pensioenaris en tuinliefhebber, het besef dat die blombakke se pryse tussen hom en sy liefde vir tuinmaak gaan kom waarna hy toe met 'n blink plan vorendag gekom het.

POLOKWANE – “Ek het besluit om afvalteëls aan te koop en blombakke daarmee te maak en só die koste van tuinmaak te sny,” vertel hy.

Manie, wat vir jare ‘n stoorman en ‘n boorman was voor sy aftrede, se belangstelling in die natuur het begin toe hy in Mosambiek gaan boer het.

Hy het 35 jaar gelede begin om bonsaibome te versamel en te kweek en geniet vandag steeds dié stokperdjie.

“Ek het destyds van Brits na Viljoenkroon gery om my eerste bonsaiboompies te koop. Dit was letterlik ‘n motorvol,” skerts hy.

Oral in Manie se tuin staan bonsai-boompies en ander plante in teël blombakke wat hy self gemaak het om by die tipe plant te pas. Aanvanklik het hy slegs blombakke gemaak, maar later van tyd het hy waterbakke vir voëls en bakke vir, onder andere, vrugte in die huis gemaak. “Dit het wel ‘n paar proeflopies geneem om die blombakmaak onder die knieë te kry, maar aanhouer wen. Ek kan nou ‘n bak in minder as ‘n uur maak. Daar gaan baie werk en tyd in die maak van ‘n bak omdat ek self die teëls gaan haal, skoonmaak, breek en slyp. Ek verkoop die bakke om my inkomste aan te vul en geniet die unieke projekte wat die mense vir my bring.”

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button