Editor's choiceLocal NewsNews

Meer as net ‘n werk vir Lisa

Review het met Lisa van As van die Oorinstituut, Polokwane, gesels om meer uit te vind oor wat haar werk als behels en die redes waarom sy op hierdie beroep besluit het.

POLOKWANE – Min mense kan hulself indink in ‘n situasie waar hulle doof is, of waar hul gehoor so versleg dat hulle van gehoorapparate gebruik moet maak.

Daar is wel diegene wat dit op hulle harte dra om mense met gehoorprobleme te help, hulle is oudioloë.

Review het met Lisa van As van die Oorinstituut, Polokwane, gesels om meer uit te vind oor wat haar werk als behels en die redes waarom sy op hierdie beroep besluit het.

Lisa het B.Komminikasie Patologie met spesialisering in spraak, taal en oudologie studeer. Sy vertel dit was ‘n vierjaar-kursus wat ook haar honeursgraad ingesluit het.

“Die kursus was vir my nie baie moeilik nie, alhoewel daar tog ander is wat dit moeilik vind. As keuringsgraad moet jou M-telling hoog genoeg wees. Ek het eers vir ‘n toets en ‘n onderhoud gegaan voordat ek in die rigting kon begin studeer.”

Vakke wat op skool tot voordeel is vir dié studierigting is biologie, wiskunde en wetenskap, maar dit is nie verpligtend nie.

“Oudiologies is die gehoortoetse. Ons toets van babas tot bejaardes. Die babas se gehoor word met outoakoustiesetoetse getoets. Dit word in kort die OAE-toets genoem waar die beweging van selle in die oor getoets word. Daar is ook OBR-toetse wat gedoen word waar die breingolwe getoets word, maar dit word in Pretoria gedoen.”

Lisa vertel dat wanneer daar ‘n familiegeskiedenis van doofheid is of wanneer die baba in intensiewesorg was, word hulle getoets vir enige gehoorprobleme.

“Kinders wat met middeloorontsteking sukkel ondergaan ook dikwels ‘n reeks toetse. Eerstens kyk ons in die oor om te sien of daar ‘n obstruksie is. Dan sal ons ‘n Timponomatrietoest doen waar ons lug in die oor blaas. Dan word die kind na ‘n oor-neus- en keelspesialis gestuur vir verdere toetse.”

By die Oorinstituut word pasiënte in ‘n klankdigtekamer getoets waar hulle oorfone opsit, met die jonger kinders maak ons daarvan ‘n speletjie. Elke afspraak duur min of meer ‘n uur, partymaal langer. Die lekkerste deel van my werk is om mense te kan help. Hulle het ‘n probleem en dan help ek hulle om dit op te los. Dit is ook lekker om te sien hoe gelukkig die pasiënte is met hulle nuwe gehoorapparate. Elke dag is anders en opwindend omdat ons so ‘n wye verskeidenheid pasiënte sien. Daar kom wel tye wanneer ek nie in staat is om die pasiënte te help nie omdat hulle te lank gewag het voor hulle hulp of behandeling kom soek het.”

Lisa vertel dat jy jou eie praktyk kan oopmaak as jy ‘n oudioloog is, wat in die langtermyn meer winsgewend is, of jy kan by die Oorinstituut aansluit waar hulle jou met verdere opleiding verskaf asook die nodige toerusting.

“Daar is baie werk vir oudioloë, veral in die staatsdiens en daar sal altyd aanvraag wees vir oudioloë, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die buiteland. By die Oorinstituut doen ons ook kogliêre inplantings, maar jy benodig ‘n ekstra diploma daarvoor. As deel van oudioloog wees kan ‘n mens ook mondelingsereabilitasie doen met kinders en hulle help om te leer praat, al het hulle ‘n gehoorprobleem. ‘n Kind kan normaal by die samelewing inskakel, al het hulle ‘n gehoorprobleem, indien ‘n mens die probleem vroeg genoeg diagnoseer en met reabilitasie begin,” sê sy.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button