Bosveld NewsNews

‘Groot man met klein hart’

Na 14 jaar as adjunkhoof van Hoërskool Hans Strijdom verruil Riaan Bester sy 'skoolskoene' vir aftrede.

MOOKGOPHONG – Bester het in Namibië grootgeword en sy graad in onderwys aan die Noordwes-Unversiteit (destydse Universiteit van Potchefstroom) behaal. Hy het sy onderwysloopbaan by Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein afgeskop en na 11 jaar het hy kom nes skrop in Limpopo waar hy vir 14 jaar sy kennis as departementshoof van Hoërskool Frikkie Meyer opgeskerp het.

Bester het in 2002 vir die eerste keer deur Hoërskool Hans Strijdom se hekke gestap en die leisels as adjunkhoof stewig vasgevat.

“Mnr. Bester sal onthou word vir sy soms onortodokse dog effektiewe wyses van dissipline toepassing, sy patrolering op die stoepe en sy bereidwilligheid om die terrein en skool netjies te hou,” sê Hansies se leerders en personeel.

Hansieland groet ‘n groot man met ‘n klein hartjie, wat ‘n wonderlike nalatenskap agterlaat. “Mag die sonlig sag op julle skyn, die koelwind altyd ‘n lafenis wees en mag die Here julle toevou van voor en agter,” groet die skool.

Related Articles

Back to top button