Local NewsNews

Daal in aartappelprys laat kopers asemskep

Review het met Al3 Boerdery se Operasionele Hoof, C.T. van der Merwe, gesels oor dié skielike daling in die prys van aartappels.

POLOKWANE – Die meeste mense het tot onlangs toe nog die klem gevoel van die prys van derduisende huishoudings se stapelvoedsel, aartappels, se prys wat die hoogte ingeskiet het.

Middel verlede jaar is daar aangekondig dat Suid-Afrika onder die ergste droogte in bykans 23 jaar gebuk gaan en daar is voorspel dat kospryse, veral groentepryse, die hoogtes sou inskiet. ‘n Sak aartappels van 10 kg se prys het opgeskiet van tussen R35 en R40 per sak tot tussen R80 en R90 en selfs R100 per sak. Dit blyk wel of die hierdie hoë pryse effens gedaal het en verbruikers ietwat van ‘n blaaskans gee.

Review het met Al3 Boerdery se Operasionele Hoof, C.T. van der Merwe, gesels oor dié skielike daling in die prys van aartappels.

“Wat gebeur het is dat die Oos-Vrystaat gedurende Januarie tot Maart op droë land plant. Dit beteken dat hulle nie besproei nie. As gevolg van die droogte kon hulle nie aartappels lewer nie, aangesien hulle afhanklik is van die reën. Ander streke soos die Wes-Vrystaat en Noordkaap wat besproei het einde Maart, aan die begin van April begin aartappels lewer en dit is wat gemaak het dat die voorraad opgetel het.

“Wat egter ook ‘n invloed het in die pryse is die inflasiekoers en die feit dat min mense ekstra geld het aan die einde van die maand.”

Volgens van der Merwe plant Al3 Boerdery net in die winter aartappels en is ryp hul grootste risikofaktor.

“Ons pas besproeiingsbeheer toe en sorg dat die plante se suikervlakke gelig is deur die regte blaarvoeding te gee.”

Eienaar van NJ Fresh Produce, Johnny Meneses, meen die pryse het gedaal aangesien die aanvraag minder geword het.

“Ons kry aartappels van Christiana af en die pryse het wel met ‘n paar rand gedaal. Die pryse bly op die R59 tot R65 prysvlak en het nou geval as gevolg van die aanvraag wat laer is aangesien mense dit nie meer kon bekostig nie. Na die droogte het die pryse gedaal aangesien daar meer voorraad was as aanvraag.”

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button