Musiekpretaand fondsinsameling gee paartjie hoop

Mevrou Polokwane, Jacqueline Shrives het saam met Amazing Grace Fertility Fund gewerk om 'n Musiekpretaand te reël om geld in te samel vir 'n goeie doel.

POLOKWANE – Die geld wat ingesamel word dien as bydrae vir ‘n paartjie wat graag fertiliteitsbehandeling wil ondergaan maar dit nie sonder hulp kan bekostig nie. Die aand was ‘n reuse sukses en ‘n totaal van R45 000 is ingesamel.

Uit die R100 000 wat benodig is vir die behandeling, is R83 000 tot dusver ingesamel met die bydrae van ander donasies en geld wat die paartjie self ingesamel het.

“Ons wil net vir elke liewe een wat die aand daar was of wat ‘n bydrae gemaak het baie dankie sê, ons wil ook dankie sê aan al ons borge; sonder julle sou dit nooit moontlik gewees het nie. Baie dankie ook aan almal wat gehelp het met die reëlings, ons waardeer dit regtig baie, en ‘n spesiale dankie aan mevrou Polokwane en haar span,” sê Lizani Muller, stigter van die Amazing Grace Fertility Fund.

calvyn@nmgroup.co.za

Exit mobile version