Local NewsNews

Jou troeteldier kan ‘n lewe red

Ons almal weet hoe belangrik dit is vir die mens om bloed te skenk, maar min mense besef dit is net so belangrik vir ons troeteldiere.

POLOKWANE – Wanneer ons troeteldiere siek of beseer is, is die moontlikheid daar dat hulle bloed kan benodig. Suster Arona Becker by die Pietersburg Dierekliniek vra dat mense wat groot, rustige, gesonde honde het, hul name kom opgee sodat die kliniek hulle kan kontak indien hul bloed sou benodig vir ‘n oortapping,

Hoe bloedoortapping vir diere gedoen word

“Ons doen tans slegs bloedoortappings vir honde, ongelukkig nie vir katte nie. Honde se bloed het nie bloedgroepe soos mense sin nie, en dus kan enige hond vir enige hond bloed skenk. Die newe-effekte is met die eerste bloedontvangs min, maar dit raak meer soos die hond meer gereeld bloedoortappings kry,” verduidelik Arona.

Sy vertel dat daar nie eintlik gereelde bloedskenkers is soos in die geval van mense nie, en dat indien hulle bloed benodig, hulle met die Dierebeskermingsvereing (DBV) in kontak kom waar hulle dan van die grootras honde se bloed trek.

“Ons vat ook net soveel bloed soos wat ons nodig het op daardie oomblik. Dit het ook al gebeur dat daar nie ‘n beskikbare hond by die DBV is nie, maar dan is hier gelukkig gewoonlik iemand in ontvangs met ‘n groot hond wat ons kan gebruik vir die bloedoortapping.”

Jennifer Wiggill ‘n troeteldier ouer deel haar storie

“My Pekingnese reun, Choppie, het gif ingekry en moes ‘n ‘n bloedoortapping kry.

ā€œHy het ons vreeslik groot laat skrik. Dit was ā€˜n vreesaanjaende tyd vir die gesin en ons het gedink dit was neusie verby vir Choppie,ā€ vertel Jennifer.

‘Ons is baie dankbaar is dat die veearts ā€˜n bloedoortapping kon doen en sodoende ons hondekind se lewe kon red.”

Choppie nadat hy bloed ontvang het.
Choppie nadat hy bloed ontvang het.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button