Local NewsNews

No Name maak groot naam

Die Country-bluesgroep, No Name, het groot naam vir hulself in die stad gemaak tydens hulle optrede by Oosskool en het die gehoor behoorlik aan hulle lippe laat hang met ou bekende en hulle oorspronklike treffers.

POLOKWANE – Voor hulle optrede het ‘n ander groep van die stad, 4Loop, vir hulle die verhoog geopen. 4Loop is ‘n alternatiewe-rockgroep en hierdie was hulle eerste optrede. Hulle het die toon perfek gestel vir No Name met hul vertolking van liedjies soos Zombie, Kryptonite en twee van hulle eie liedjies.

Na hulle vertoning het No Name op die verhoog gekom en die gehoor onmiddelik bekoor met bekende treffers soos Sweet Home Alabama en Love Yourself en een van hulle oorspronklike liedjies, Back to My Roots. Hulle het unieke elemente by hulle opvoering gevoeg deur gloeistokkies (glowsticks) aan die dromstokkies te heg en spesiale interaksies tussen mekaar gehad wat die gehoor op die punte van hulle stoele gehou het.

No Name hoop om met die fondse wat tydens die konsert ingesamel is genoeg geld bymekaar te maak om hulle eerste CD op te neem en só meer aanhangers te kry.

Hulle is ‘n hegte groep vriende, Pietrich Brits, AJ Kruger en Dillan Smith, wat hulle liefde vir musiek uitleef op die verhoog.

“Ek en Dillan kom al ‘n lang pad saam. Ek en hy speel albei kitaar terwyl AJ dromme speel,” vertel Petrich.

“Ons is drie goeie vriende wat ‘n passie vir musiek deel, ‘n passie wat ons graag op die verhoog en agter ons instrumente uitleef. Ons musiek weerspieël dié passie en ons wil dit graag met die gehoor en ons aanhangers deel. Konserte soos die gee ons die geleentheid om meer aanhangers te kry en aan die einde van die dag ons droom om ‘n CD op te neem ‘n werklikheid maak.”

Die gehoor het stil geraak na hulle vertoning en toe behoorlik aan die gons gegaan soos die mense opgewonde met mekaar oor die vertoning gesels.

 

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button