Ruben se nuwe begin na operasie

Die 13-maande oue Ruben Venter is met dié Beckwith-Wiedemann Sindroom (BWS) gebore.

POLOKWANE – Beckwith-Wiedemann Sindroom (BWS):  ‘n toestand waarin die tong buitengewoon vergroot is. Dit word gekenmerk deur ‘n wye spektrum van simptome en fisiese bevindinge wat wissel in omvang en erns, van persoon tot persoon.

“Kinders met hierdie sindroom het gewoontlik ‘n groot tong, en ‘n porsie van die kind se lyf is ook vergroot.

 

Sy ouers, Monique en Richard, moes geld bymekaar gemaak vir ‘n operasie en bedank almal wat tydens die Mall of the North Maraton gehardloop of geloop het om hul te help.

“Ruben het ‘n dubbele oorlel en ‘n plekkie op sy voorkop en een op sy nek, dit word ‘storkbite’ genoem. Kinders met BWS loop die risiko om lewerkanker te kry en ons neem Ruben elke drie maande vir toetse om dit te monitor. Hy het BWS in ‘n baie ligte graad, maar ons is heeltyd bang vir kanker,” vertel Monique.

“Hy is twee maande te vroeg gebore. Voor sy geboorte kon die dokters geen onraad vermoed nie en het als normaal gelyk.

“Die toets vir BWS is ‘n spesifieke toets wat gedoen moet word, maar omdat ons nie geweet het van dié sindroom nie, het ons nie die toets laat doen nie.”

Ruben is meer vatbaar vir siektes, sê Monique, veral longontsteking, en hy het gesukkel om te eet en drink. Hy het ook vreeslik gesnork en soms selfs opgehou asemhaal.

Volgens kenners word daar sowat 300 kinders per jaar met dié sindroom gebore.

Dit is sporadies, met ander woorde, niemand anders in die familie het dit nie.

Ruben was onlangs vir ‘n operasie waar hulle ‘n deel van sy tong uitgesny het. Sedertdien snork hy nie meer nie en is dit makliker vir hom om te eet en te drink.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version