NewsSchools

Gunstelling sprokiekarakters vir vandag se kind

Review het met kleuters by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gaan gesels oor watter storiekarakter hulle graag wil wees...

POLOKWANE – Stories is reeds van die vroegste eeue af ‘n manier om morele waardes en lesse aan ‘n volgende geslag oor te dra.

Hulle is ook ‘n manier om nuus voor te dra. Ouer mense sal onthou dat hulle met sprokies soos Rooikappie en Sneeuwitjie groot geword het terwyl die jong span meer sal onthou van karakters soos Ben10 en Elsa van Frozen.

Op 27 April word “Vertel ‘n storie-dag” gevier waar daar gemik word om soveel stories aan kinders oor te dra as moontlik.

Review het met kleuters by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gaan gesels oor watter storiekarakter hulle graag wil wees…

IMG_8016 (Medium)

Frederich van Coppenhagen (5) vertel dat hy graag die rooi Lightning Mcqueen wil wees want dit is sy gunsteling en hy wil so vining kan ry.

IMG_8025 (Medium)

Haylee Coetzer (5) vertel dat haar gunsteling is die storie van die drie beertjies wie se pap deur Gouelokkies geëet is. “Ek hou van beertjies en ek het die boek van dit,” vertel sy.

IMG_8017 (Medium)

Mauritz Venter (4) vertel dat Rooikappie sy gunsteling storie is, want sy bring muffins en medisyne en blomme na haar ouma toe.

IMG_8027 (Medium)

“Ek en my mamma en pappa en boetie hou van Patrick van Spongebob,” vertel die vierjarige Leané Pretorius gretig.

IMG_8018 (Medium)

Luwhan Oosthuizen (4) vertel hy geniet die drie varkies en as hy kon kies sou hy die varkie wees wat in di ebaksteenhuisie bly.

IMG_8028 (Medium)

Rowyn Steyn is vier en vertel gretig die storie van Rooikappie. “Ek wil graag Rooikappie wees, sy is my gunsteling.”

IMG_8020 (Medium)

“Ouma vertel vir ons die storie as on seen slapie daar gaan slaap,” vertel Janko Venter oor waarom die Drie Varkies een van sy gunsteling stories is.

IMG_8030 (Medium)

Elizabeth Botha dra ‘n pienk en pers baadjie en vertel dat sy Rooikappie wil wees, maar met ‘n pers en pienk kappie. “Ek gaan cupcakes vir ouma vat,” vertel sy.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button