Winnie is reg vir dié uitdaging

Winnie Roux, 'n ontvangsdame by die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, het op 2 April aan die Gauteng Noord Meesters Atletiek kampioenskappe deelgeneem waarna sy opgeneem is in die Noord-Gautengspan.

POLOKWANE – “Die ouderdomsgroepe waarin ons deelneem is anders. Dit begin by 30 tot 34, 34 tot 39 ensovoorts. Ek het hierdie jaar deelgeneem in die 50 tot 54 ouderdomsgroep en volgende jaar sal ek in die 55 tot 59 ouderdomsgroep deelneem.” Roux het in die 100 m wedloop gehardloop en tweede plek losgeslaan.

‘n Totaal van 127 vroue en 156 mans atlete tussen 30 en 99 het deelgeneem aan die Noord-Gauteng Meestersatletiek.

Sy vertel dat sy nou aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe op 13 en 14 April gaan deelneem waar sy in die 100 m en 200 m wedlope hardloop.

Dit is ‘n groot eer en Winnie is reg vir die uitdaging. “Ek is baie opgewonde en sien baie uit daarna. Ek oefen hard.”

Exit mobile version