Unieke mediese fasiliteit vir stad beplan

Limpopo kan ‘n unieke mediese rehabilitasiefasiliteit in die hart van Polokwane te wagte wees wanneer konstruksie van dié reuse ontwikkeling volgens beplanning in die middel van die jaar afskop. Die beoogde fasiliteit, wat volgens inligting deur ‘n groep ontwikkelaars van stapel gestuur word, sal na verwagting gimnasiumgeriewe en ‘n binnenshuise swembad insluit. ‘n Woordvoerder vir …

Limpopo kan ‘n unieke mediese rehabilitasiefasiliteit in die hart van Polokwane te wagte wees wanneer konstruksie van dié reuse ontwikkeling volgens beplanning in die middel van die jaar afskop.
Die beoogde fasiliteit, wat volgens inligting deur ‘n groep ontwikkelaars van stapel gestuur word, sal na verwagting gimnasiumgeriewe en ‘n binnenshuise swembad insluit. ‘n Woordvoerder vir ‘n plaaslike konstruksiemaatskappy en beleggingsgroep wat by die projek betrokke is, wou voorlopig nie verdere inligting bekend maak nie.

Storie: YOLANDE NEL
>>observer.yolande@gmail.com

Foto: Die perseel waar die beplande ontwikkeling sal plaasvind.

Exit mobile version