Kuiergeleentheid vir dames met Elvis Blue

Elvis Blue is vanjaar se groot trekpleister tydens die jaarlikse damestee ten bate van die Wiele 500-trust. Sedert Elvis Blue in 2010 Idols gewen het, neem sy sukses net toe. Die musikant en liedjieskrywer se twee platinumalbums, drie Sama-toekennings, twee Ghoemas en meer as 500 optredes reflekteer sy sukses in die musiekbedryf. Van sy grootsteAfrikaanse …

Elvis Blue is vanjaar se groot trekpleister tydens die jaarlikse damestee ten bate van die Wiele 500-trust.
Sedert Elvis Blue in 2010 Idols gewen het, neem sy sukses net toe. Die musikant en liedjieskrywer se twee platinumalbums, drie Sama-toekennings, twee Ghoemas en meer as 500 optredes reflekteer sy sukses in die musiekbedryf. Van sy grootsteAfrikaanse treffers is Rede Om Te Glo, Toe Ons Jonk Was en In Die Middel van Nêrens.
Die spesiale oggend wat deur Freshwell en Exclusive Properties aangebied word, vind op Saterdag, 14 Mei om 09:30 by Grin Court buite die stad plaas. Dames wat die funksies in die verlede bygewoon het, is dit eens dat gaste baie bederf word en dat dit ‘n kuieroggend par excellance is. Kaartjies kos R280 per persoon wat smullekker eetgoed insluit. Boonop kry elke gas ‘n geskenk en daar is heelwat gelukkige prystrekkings.
Die opbrengs van die kaartjieverkope gaan aan die Wiele 500-trust wat mense in rolstoele help om onafhanklik met behulp van wielebene te funksioneer.
Bespreek nou reeds jou kaartjie of tafel (10 persone) by Michelle Engelbrecht, Ex­clusive Properties 015 297 1132 of Joria Alberts, Freshwell 015 296 1276.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Exit mobile version