Local NewsNews

‘Sy het ons lewens in onbeskryflike maniere verander’

PIENKVOETJIES: Vandag (Donderdag, 7 April) vier Lianke Rabe haar derde maand op aarde.

POLOKWANE – Haar ma, Chanelle, vertel dat sy vir haar en haar man, Jared, asook ouboet Jeandry (3), ure se genot verskaf.
“Ek het die volle 40 weke geloop met Lianke en dit was soms moeilik. Ek het later nie geweet hoe ek moet sit of staan of lê nie. Die ergste is dat ek oor Desember, wat dit so warm was, swanger was,” vertel Chanelle terwyl Lianke rustig lê en slaap.
Chanelle vertel dat Lianke 3,68 kg geweeg het en 49 cm lank was met geboorte. Jeandry was baie opgewonde om sy nuwe sussie te ontmoet en word baie betrek by haar versorging. Hy is baie lief vir haar.
Jared was die eerste om te hoor van die swangerskap en daarna het die res van die familie uitgevind.
Chanelle, wat as senior administratiewe klerk werk, vertel dat sy twee ooievaarsteepartytjies gehad het, een wat deur haar kollegas gehou is en een deur vriende en familie.
Lianke se eerste speelding was ‘n sagte ratel.
“Ek is vreeslik gelukkig dat ek al Jeandry se babagoed gebêre het. My een vriendin het twee dogtertjies so sy het al haar tweedehandse goed vir ons geskenk.
“My swangerskap was nie moeilik nie, al kon ek glad nie die reuk van laventel hanteer nie. Ek het gesukkel met sooibrand. My man was baie ondersteunend, hy was net altyd daar vir my.”
Chanelle sê haar grootste uitdaging na die geboorte van Lianke was om twee kinders terselfdertyd te hanteer.
“Sy het ons lewens in onbeskryflike maniere verander. Dit het my en Jared, wat sy eie loodgieterbesigheid besit, nader aan mekaar gebring. Lianke is wel baie rustiger as Jeandry en glimlag die heeltyd.
“Lianke is ‘n vreeslike maklike baba. Sy gaan slaap 20:00 in die aand en word vir die eerste keer eers 04:00 wakker waarna sy drink en dan weer gaan slaap.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or TwitterIES:

Related Articles

Back to top button