Local NewsNews

‘Respek is kern met honde’

Geregistreerd Duitse Herdershonde teeler, Lizelle de Bruin, sê nadat sy met die ras begin teel het, het sy besef dat die honde baie aandag en opleiding vereis.

POLOKWANE – Dus het sy in Januarie verlede jaar met ‘n opleidingskool vir Duitse Herdershonde begin. Die besigheid se naam is Von Zwei Brunne.

Lizelle vertel na die belangsetelling van ander honderas-eienaars het sy besluit om die skool oop te stel vir alle rasse. Lizelle het in Maart hierdie jaar ‘n kursus gedoen by die Suid-Afrikaanse Hondeopleidingskollege (South African Dog Training College and Kennels). “Die kursus het my hele uitkyk verander. Ek het geleer dat ‘n mens glad nie op jou hond moet skree of hom moet rondpluk nie. Ons het geleer van die Praise, Touch and Treat-tegniek. Ons het ook prakties elke dag met verskillende soorte rasse gewerk. Ons het fisies geleer hoe hul breine werk en dat elke hond sy eie unieke eienskappe het.”

Lizelle vertel dat die hond moet leer dat hy deel van jou trop is. Hy moet nie vir jou bang wees nie, maar hy moet respek vir jou hê. “Ons het geleer jy skree nie op ‘n hond nie. Jy gee hom een keer ‘n opdrag. Anders, as hy weet jy gaan tien keer vir hom sê sit, gaan hy staan tot hy besluit nou sit hy.”

Lizelle se klasse vind Saterdae plaas. Sy bied klasse vir babahonde aan wat 12 weke duur sowel as die normale klasse. “Honde wat gelukkig is, is die beste om mee te werk. Ek beplan om luukse hokke in te rig waar mense hul honde kan kom laat bly. Ek kan hulle dan versorg en ook oplei vir so lank as wat die eienaars weg is.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button