AJ Korff Donderdag ter ruste gelê

AJ Korff word Donderdag om 14:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente op die hoek van Biccard- en Groblerstraat begrawe. Die graad 10-leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Donderdag vermis geraak en die soektog het tragies geëindig nadat sy liggaam laatmiddag agter sy ouerhuis op ‘n Myngenoegen kleinhoewe met ‘n vuurwapen op die toneel gevind …

AJ Korff word Donderdag om 14:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente op die hoek van Biccard- en Groblerstraat begrawe.
Die graad 10-leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Donderdag vermis geraak en die soektog het tragies geëindig nadat sy liggaam laatmiddag agter sy ouerhuis op ‘n Myngenoegen kleinhoewe met ‘n vuurwapen op die toneel gevind is.
Alida en Buks, AJ se ouers, was in Pretoria en sy het omstreeks 12:00 vir die laaste keer met hom gepraat. Hy het die vorige aand by sy oupa se huis oorgeslaap en is Donderdag huis toe om vir ‘n kerkkamp gereed te maak. Nadat hulle hom nie in die hande kon kry nie, het Alida sy oupa gevra om na hom te gaan soek waarna die polisie se hulp ingeroep is.
Die skool het intussen berading vir leerders en AJ se vriende georganiseer.
Almal wat die begrafnis bywoon, word gevra om blou en wit te dra indien moontlik.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto: AJ Korff word Donderdag begrawe.

Exit mobile version