MOKOPANE – Kevin Clerk staar sewe klagtes in die gesig onder meer strafbare manslag, bestuur sonder ‘n rybewys en bestuur onder die invloed van drank.
Van den Bergh is in ‘n tref-en-trapongeluk voor sy huis in Geyserstraat oorlede na ‘n beweerde bakleiery by ‘n kuierplek.
‘n Motoris in ‘n wit dubbelkajuitbakkie het hom vermoedelik omgery terwyl hy oor die pad geloop het.
Die staat het Woensdag verskeie getuies tydens die verhoor ingeroep. Die saak is uitgestel na 17 tot 18 Mei.