Bosveld NewsCrimeNews

Tref-en-trap saak uitgestel

Die verdagte wat op 7 Junie 2014 in hegtenis geneem is nadat André van den Bergh (29) die slagoffer van 'n tref-en-trapongeluk was, het Woensdag in die Mokopane Landdroshof onskuldig gepleit op al sewe klagtes.

MOKOPANE – Kevin Clerk staar sewe klagtes in die gesig onder meer strafbare manslag, bestuur sonder ‘n rybewys en bestuur onder die invloed van drank.

Van den Bergh is in ‘n tref-en-trapongeluk voor sy huis in Geyserstraat oorlede na ‘n beweerde bakleiery by ‘n kuierplek.

‘n Motoris in ‘n wit dubbelkajuitbakkie het hom vermoedelik omgery terwyl hy oor die pad geloop het.

Die staat het Woensdag verskeie getuies tydens die verhoor ingeroep. Die saak is uitgestel na 17 tot 18 Mei.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button