Local NewsNews

“Vind jou passie” – Renette Vosloo

Renette Vosloo, is een van Ontbytsake op kykNet en gewilde deelnemers aan die kosprogram, Kokkedoor, in 2014.

POLOKWANE – Met die intrapslag in Protea Hotel the Ranch Resort se kombuis tydens ‘n onlangse Standard Bank byeenkoms, spreek die voorbereide disse van passie en ‘n groot liefde vir kosmaak.

Renette vertel van haar passie vir kosmaak

“Alles het begin toe ek 11 jaar oud was, op ‘n bussie op pad dorp toe met my spaarboekie om ‘n eend te gaan koop vir my ma se verjaardagete wat ek beplan het – uit haar enigste kookboek”, vertel Renette.

Na 40 jaar is dit steeds haar passie wat elke dag iets anders oplewer en net interressanter word.

Sy het na matriek ‘n graad in staatsrede en Internasionale politiek behaal, “want in daardie jare was daar nie sjefskurssuse nie, maar hotelbestuur met sjefskursusse tussenin”.

“Ek het my man al op 16 ontmoet en ons deel die groot liefde vir kos. Na die geboorte van ons tweede kind het ons Middelburg Gholfklub se restaurant gekoop, ‘n hotelskooloutjie ingekry as sjef en so geleer hoe werk ‘n restaurant se kombuis,” vertel Renette opgewonde oor haar beginjare as kok.

Vandag, na baie jare, kan sy enige iets in ‘n kombuis optower.

“Ek het nog nooit suksesvolle beskuit gebak nie, selfs al is dit ‘n ‘flatervrye’ resep volgens vriende.

“Dit word net klippe waarmee jy iemand kan doodgooi,” skerts sy oor waarskynlik haar enigste struikelblok in die kombuis.

Sy vertel verder dat sy nie die geduld het vir bak om te wag dat alles eers rys nie, sy wil kosmaak, en sy wil dit nou doen.

Oor haar kosliefdes vertel sy dat sy hoender enige dag, op enige manier, sal geniet; dat eend steeds haar gunsteling dis is, en dat sy nooit haas sal gaarmaak of wil eet nie, “n hasie is net te oulik”.

Haar raad aan opkomende kokke is om nie bang te wees om onder te begin nie, om te besef dis ‘n moeilike pad, maar dat die eindresultaat dit die moeite werd maak.

“Gaan begin onder, was skottelgoed, wees ‘n waiter, gaan oefen by die huis en vind jou passie, want geen persoon kan jy meer leer as wat jou passie doen nie” vertel Renette bemoedigend.

“Om daardie passie te vind is die beste raad wat ek enige iemand kan gee.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button