‘Ons beleef ń krisis’

Talle inwoners van Zebediela Township, sowat 34 km buite Mokopane, gaan gebukkend sonder water vir die laaste twee weke en daar is sprake dat hulle moontlik van vandag af óók sonder krag gaan sit, na bewering weens ń geskil met die grondeienaars.

MOKOPANE – Talle inwoners van Zebediela Township, sowat 34 km buite Mokopane, gaan gebukkend sonder water vir die laaste twee weke en daar is sprake dat hulle moontlik van vandag af óók sonder krag gaan sit, na bewering weens ń geskil met die grondeienaars.
Een van die inwoners het aan die Bosveld gesê: “Ons betaal maandeliks ons water en kragrekeninge, maar hul wil dit nie meer aanvaar nie en sê ons moet trek. Ons word ook gedreig. Ons beleef tans ń geweldige krisis.”
Die VF+ het vandag gepoog om ń vergadering met die mense in beheer te reël rakende die stand van sake en die DA het te danke aan ń borg vir die inwoners water gevat.

Lees meer in die volgende uitgawe van Bosveld.

Exit mobile version