Polisie moet beslis of dit aanranding of moord is

‘n Nadoodse ondersoek wat na verwagting vandag (Donderdag) gedoen sal word, sal bepaal of die polisie ‘n saak van aanranding na moord verander. Die 35-jarige, Paul Geldenhuys is op 4 Maart glo deur ‘n groep mans by die Iron Crown Pub and Bistro in Haenertsburg aangerand en het verlede week vermoedelik weens komplikasies aan sy …

‘n Nadoodse ondersoek wat na verwagting vandag (Donderdag) gedoen sal word, sal bepaal of die polisie ‘n saak van aanranding na moord verander.
Die 35-jarige, Paul Geldenhuys is op 4 Maart glo deur ‘n groep mans by die Iron Crown Pub and Bistro in Haenertsburg aangerand en het verlede week vermoedelik weens komplikasies aan sy beserings in die Polokwane Provinsiale Hospitaal gesterf.
Provinsiale polisiewoordvoer-der, Ronel Otto het die voorval in Haenertsburg bevestig en gesê ‘n saak van aanranding word steeds ondersoek.
“Die ondersoekbeampte het nog nie die saak na moord verander nie omdat ons op die uitslag van die nadoodse ondersoek moet wag.”
Geldenhuys het tydens die aanval ernstige beserings aan sy gesig en borskas opgedoen. Hy het mediese behandeling ontvang, maar is ongeveer ‘n week na die voorval weer in die Polokwane Provinsiale Hospitaal opgeneem waar hy verlede Dinsdag oorlede is.
‘n Familievriend het verlede Donderdag aan Polokwane Observer gesê ’n abses het blykbaar in Geldenhuys se beseerde kakebeen ontwikkel en hy is in die hospitaal opgeneem waar hy nege dae later dood is. Geldenhuys laat sy twee seuns, Brendan en Zander en ouers, Ina en Soon Koen agter. Teen druktyd is geen begrafnisreëlings nog getref nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto: Paul Geldenhuys is verlede Dinsdag dood.

Exit mobile version